English Text

SoetKaroo Wynlandgoed is ‘n dorpsplasie van een hektaar grond in die hoofstraat van Prince Albert. Die eienaars, Herman & Susan Perold, woon daar en maak dessertwyn van net hul eie druiwe.

Dit is inderdaad die enigste SAWIS-geregistreerde wynlandgoed in die Groot Karoo, en nee, dis nie die kleinste in Suid-Afrika nie! Besoekers is welkom om die wingerd en die kelder te besigtig en die wyn te proe. Die SoetKaroo wyne word vanaf die proelokaal in hulle voorkamer verkoop.

SoetKaroo Vineyards
Herman Perold
The Wingerd

Grondontledings het bevestig dat die grond geskik is vir wingerdverbouing en dat geen aanvullings benodig word nie. Die Karoosomers is baie warm en droog, dus minimaal peste en plae - geen slakke nie, weinig swamsiektes en onkruid word uitgeskoffel. Vier kultivars wat goed aard in hierdie terroir, is in die jaar 2000 aangeplant,nl Rooi Muscat d'Alexandrie (Rooi Hanepoot), Rooi Muscat de Frontignan (Rooi Muskadel), Petit Verdot, en Touriga Nacional.

Herman is 'n uitsonderlik fisies-betrokke wingerdboer - sy perfeksionistiese benadering en harde werk word beloon deur die puik gehalte van die druiwe.

Die Wyn

Susan het die garage in ‘n kelder omskep en hier gee sy nuwe betekenis aan die konsep ‘handgemaak’. Elke druifsoort word eers volledig as ‘n aparte wyn gemaak, in ‘n klein vlekvrye tenk tyd gegee om karakter te ontwikkel en daarna of as enkelkultivar of versnit gebottel Die grootste persentasie druiwe is Rooi Muscat d’Alexandrie, ‘n skaars druifsoort. Die SoetKaroo versnit van Touriga Nacional /Petit Verdot is ook ongewoon, moontlik uniek. Die aanvraag hiervoor oorskrei reeds die aanbod en kopers bespreek hul kwota vooruit. En dan word ‘n baie klein oplaag SoetKaroo Reserve in ‘n spesiale karaf verpak, in 2007 net 512 items gevul met die prima Rooi Muscat d’Alexandrie wat snertsies van die ander drie kultivars bevat.

SoetKaroo Bottle
2005 Michelangelo International Wine Awards
Die Oesjaar

Die Oesjaar 2008 is gekenmerk deur ‘n lang koel lente en vroeë somer, baie warm weer in Januarie en Februarie, asook onverwagte reën tydens die plukseisoen. Ten spyte van laer suiker as ander jare en ongelyke rypwording , het die parstyd goed verloop. Pluktyd het gestrek vanaf 13 Februarie tot 19 Maart. Nou kan die geure stadig ontwikkel en ‘gesels’ tot dit gereed is vir die bottel hier na die einde van die jaar se kant.
Kontak Ons

Tel : +27 23 541 1768
Fax : 086 524 3801
E-pos:perold@netactive.co.za
Webwerf: www.soetkaroo.co.za

Adres:
Kerkstraat 56
Prince Albert
6930
Suid-Afrika

SoetKaroo Logo